BATSEBA

BATSEBA was die vrou van Urija*. Koning Dawid* pleeg met haar owerspel terwyl haar man in een van die koning se oorloë veg. In 2 Sam 11 word vertel hoe Dawid vir Batseba afloer terwyl sy bad, en haar dan laat roep. Wanneer Batseba swanger raak, probeer Dawid om sy misstap toe te smeer. Dit gee aanleiding tot Urija se dood. Die kind wat gebore word, sterf. Nadat Dawid berou getoon het oor sy misstap, raak Batseba weer swanger met Salomo*, wat later die koning van Israel*3 sou word. In 1 Kon 1–2 sien ons hoe Batseba ’n sentrale rol speel in die keuse van Salomo as die opvolger vir Dawid.

Sidebar