BENJAMIN

BENJAMIN beteken “seun van die regterhand”. Verskeie persone met hierdie naam word in die Ou Testament* vermeld.

  1. ‑Die jongste van Jakob* se seuns wat in Palestina* gebore is. Die stam, sy nage­slag, is na hom vernoem. Volgens tradisie het sy ma, Ragel*, kort nadat sy aan hom geboorte gegee het, gesterf (Gen 35:16-20). Sy het hom Ben-Oni genoem, “swaar­kryseun”. Jakob het hom egter Benjamin genoem. In Egipte* het Benjamin ’n sleutelrol in die herontmoeting van die broers met Josef* gespeel. Die Benjamin-stam was die eerste wat die Filistyne* geopponeer het.
  2. ‑’n Agterkleinseun van Benjamin, seun van Jakob (1 Kron 7:10).
  3. ‑Een van diegene wat met ’n vreemde vrou getrou het (Esra 10:32).
Sidebar