BERSEBA

BERSEBA beteken “die fontein van sewe”. Die naam is die eerste keer aan die plek gegee omdat Abraham* en Abimelek*1, koning van Gerar, daar ’n eed van weder­kerige getrouheid gesweer het (Gen 21:31). In die ritueel wat hiermee gepaard gegaan het, het Abraham sewe skaaplammers aan Abimelek gegee (Gen 21:28-30). Die dorp is later aan die stam van Simeon* toegeken (Jos 19:2; 1 Kron 4:28). In die frase “van Dan* tot Berseba” verwys Berseba na die suidelikste grens (bv Rig 20:1). Dit was op die handelsroete na Egipte.

Sidebar