BET-SAN

BET-SAN is ’n stad geleë by die sameloop van die Jisreël*- en Jordaan*-vallei. Die talryke fonteine en putte kombineer met die intense somerhitte en ryk grond om ’n subtropiese karakter aan die stad te gee. Dit is ideaal vir menslike bewoning. Die stad vorm deel van die stamgebied van Manas­se* (Jos 17:11). Die Kanaäniete* wat nie verdryf is nie, het verkies om daar te bly woon (Rig 1:27). Saul* en sy seuns, Jonatan*, Abinadab* en Malkisua, is dood gevind op Gilboaberg en hulle lyke is deur die Fili­styne* teen die muur van Bet-San vasgespyker (1 Sam 31:10 en 12).

Sidebar