BETLEHEM

BETLEHEM beteken “huis van brood”. Betlehem is ’n stad wat geleë is op die rand van die woestyn van Juda, 8 km suid van Jerusalem*, 760 m bo seevlak. Salma, Kaleb* se pa, word beskou as die “vader van Betle­hem” (1 Kron 2:51). Samuel* is na Betlehem gestuur om Dawid*, seun van Isai, in die onwaardige Saul* se plek as koning te salf. In die Nuwe Testament* word Betlehem genoem as die geboorteplek van die Messias* op grond van die profesie in Miga 5:1 (Matt 2:1, 5). Betlehem word ook “die stad van Dawid” genoem.

Sidebar