BETROUBAARHEID VAN DIE BY­BEL

BETROUBAARHEID VAN DIE BY­BEL is as begrip een van die boustene van die gereformeerde* Skrifbeskouing*, maar word dikwels verkeerd verstaan. Men­se dink verkeerdelik dit im­pliseer dat alles wat in die Bybel* staan, histories korrek en “betrou­baar” is. Dit is egter eerder die verkondiging of die boodskap van die Bybel, of dan die eintlike punt van ’n vertelde gedeelte van die Bybel*, wat wesenlik geloof­waardig aangebied is. Vandag weet ons ook dat ’n betroubare weergawe van gebeure – bv in die media of selfs in ’n hof – nie noodwendig dié is wat notarieel korrek al die feite soos dit minuut na minuut verloop het, kan weergee nie – dit is trou­ens onmoontlik – maar dit is ’n weergawe wat nie doelbewus iets weglaat of bylas of verdraai om die waarheid* te verbloem nie. Die Bybel is juis betroubaar ten opsigte van die beeld wat dit van Jesus* skilder en die heilsboodskap wat dit bring, maar dit beteken nie dat elke detail van Jesus se lewe soos in ’n moderne biografie histories verifieerbaar is nie. Dit word trou­ens in vier Evangelies* uit vier verskillende perspektiewe of blikhoeke vir ons aangebied, en buitendien sê Johannes* eksplisiet hy het maar ’n seleksie gemaak sodat dié wat lees, kan glo (Joh 20:30,31).

Sidebar