BEUKES, GERHARDUS JOHANNES (GERHARD)

BEUKES, GERHARDUS JOHANNES (GERHARD) (1913–1998) het as dramaturg in die 1940’s en 1950’s groot populari­teit met sy komedies, historiese stuk­­ke en Bybel­se spele geniet. Van sy een­­­be­drywe in Laat die kerse brand! en ander eenbe­dry­we (1945) en Ker­se teen die wind (1950) toon meermale ’n goeie be­grip van situa­sie­­komiek. Jesus van Nasaret: ’n Dramasiklus oor die lewe en sterwe van Christus, vir die radio geskryf (1954) was vir daardie tyd ’n waagmoedige poging. Beu­kes het in 1952 die Hertzogprys vir sy eenbedrywe, veral Salome dans!, asook sy digterlike drama Langs die steiltes, met WA de Klerk (vir Die Jaar van die Vuuros) ge­deel. Beukes moes as skrywer dikwels skerp en ook onbillike kritiek van medeliteratore verduur. Hy neem ’n eie plek in die ontwikkelingsgang van die Afrikaan­se drama en toneel in en het met sy By­bel­dramas ons godsdienstige literatuur verryk. Hy was professor in Afrikaans* aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en ook vir ’n termyn voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Sidebar