BI-POLERE PERSOONLIKHEID

Bi-polêre persOonlikheid. Dit is meer korrek om van bi-polêre versteu­rings, met ’n spesifieke verwysing na gemoedsteurings, te praat. Die kliniese beeld is verwant aan depressiewe gemoed­steurings. Die polariteite verteenwoordig skommelings in die gemoed wat wissel tussen euforie (die opwinding van tussen die wolke te wees) en diep neerslagtigheid (die put-ervaring van hulpeloosheid en magteloos­heid; die behoefte aan selfvernietiging, selfs dood-obsessies). Die gemoedsteuring is gemeng en word gekenmerk deur afwisselende maniese episodes (ontoepaslike gevoel van welsyn) en major depressiewe episodes (diep pessimisme en ’n intensiewe ervaring van verliese en angs). Die “ek” raak self siek met ’n gevolglike verlies aan selfvertroue (swak selfbeeld).

Pastorale hantering: ’n Interdissiplinêre spanbenadering is nodig. Die kwaliteit van verhoudings- en ondersteuningsnetwerke is deurslaggewend (onvoorwaardelike aanvaarding, liefde). Hierdie gemoedstoestand is “normaal” as dit die reaksie is op verskeie krisisse. Dit word abnormaal as die fre­kwensie en intensiteit daarop dui. Wanneer emosie diep en rou is, is praat- of aksiete­rapie nie wenslik nie. Vermy beskuldigings en straf-uitsprake. Eksternalisering: Die kernprobleem is die emosionele versteu­ring en die reaksiepatrone, nie die persoon self nie. God se identifikasie met lyding is belangrik. Dit skep hoop. Vergelyk Christus se verlies-angs: Heb 5: 7; verlatenheid: Matt 27:46. Toepaslike Skriftekste wat korreleer met ’n desperate situasie van vertwyfeling: Ps 42:10-12.

Vir verdere lees: DA Louw en PE van Jaarsveld 1989. “Gemoedversteurings” in: SuidAfrikaanse Handboek van Abnormale Gedrag. Johannesburg: Southern Boekuit­gewers.

Sidebar