BILEAM

BILEAM. Die naam Bileam kom 50 keer voor in Num 22–24, waar dié nie-Israelitiese profeet* meestal positief uitgebeeld word. Hierdie verhaal illustreer iets van Israel* se geloof dat onder die beskerming van Jahwe* geen menslike vloek of magie gevrees hoef te word nie. Hierdie verhaal is veral bekend vanweë die pratende donkie wat daarin voorkom.

’n Negatiewer prentjie van Bileam kry ons in Num 31:8, 16 waar hy die skuld kry vir die Israeliete se ontrou by Peor.

 

Sidebar