BOEZAK, HENDRIK

BOEZAK, HENDRIK (?–?). Dr J van der Kemp* van die Londense Sendingge­noot­skap* het in 1801 ’n sending*gemeenskap op Graaff-Reinet gestig. Boezak, ’n olifantjagter, was deel van sy binnekring wat spesiale Bybelonderrig* ontvang het en geleer is om te lees en te skryf. Boezak het saam met ander soos Cupido Kakkerlak* as leke-prediker opgetree. Omdat die sendelinge alles wat inheems was, as heidens beskou het, het Boezak geworstel met sy “eie” aan die een kant en die evangelie* aan die ander kant. Gebedsessies het by die Khoe­khoen aanklank gevind, omdat hulle ge­woond was om soggens vroeg die Skepper se seën vir die dag te vra. Inheemse gewoontes was meestal taboe, soos die gebruik van tradisionele instrumente. Boe­zak het sy ghora (snaarinstrument) uit frustrasie gebreek.

Van al die eerste Khoekhoen*-bekeerlinge het Boezak die innerlike stryd om die twee leefwyses te versoen, die beste ver­woord: “In my binneste het ek twee harte wat gedurig teen mekaar stry. Soms wil die een hart net Khoekhoen-liedere sing. Die ander hart wil na Christus gaan en Hom alleen aanbid.”

Vir verdere lees: “J van der Kemp to LMS”, LMS-SA 2/4/E, Bethelsdorp Annuel Reports E1804-1808.                            

Sidebar