BONNKE, REINHARD

BONNKE, REINHARD (1940–) het as kind die wreedhede van die Tweede Wêreldoorlog* in vlugtelingkampe leer ken. Bonnke is bekend vir sy reuse evangelisasie*-veldtogte en helingsdienste in veral Afrika*. Hy was sewe jaar predikant in Duitsland voordat hy en sy vrou, Anni, en hulle babaseun hulle in 1969 in Lesotho gevestig het. Daar het hy sy visie – “Die vasteland van Afrika, gewas in die kosbare bloed van Jesus” – ontvang. Sy tentbedie­ning het sodanig gegroei dat hy in 1984 die wêreld se grootste mobiele struktuur waarin 34 000 mense kan sit, laat vervaardig het. Twee jaar later het hy met buitelug-optredes begin – soms so groot dat dit reg oor ’n stad strek en soveel as 1,6 miljoen mense deur middel van ’n reuse klanksisteem betrek. In 1974 het Bonnke die internasionale organi­sasie Christ for all Nations (CfaN) gestig. As deel van ’n dissipelskapprogram is reeds meer as 178 miljoen kopieë van CfaN-boeke en pamflette in 140 tale versprei. Dit sluit aan by die Reinhard Bonnke School of Fire, ’n aanlyn, selfstudiekursus. Bonnke se kritici meen hy mislei goedgelo­wi­ge mense met sy he­lings­dienste.

 

Sidebar