BORG, MARCUS

BORG, MARCUS (1943-2015) het bekend geword vir sy boeke en artikels oor die historiese Jesus (Kyk by: Jesus, Historiese). Hy was ’n professor aan die Oregon State University in die VSA en lid van die dikwels omstrede Jesus Seminar. Hy wou graag sy teologiese denke by die breër publiek laat uitkom en het daarom twee groot televisiesimposia aangebied. Die een was in 1996 met die titel “Jesus at 2000”, en in 2000 was die titel daarvan “God at 2000”. In sy boek, Jesus: A New Vision, stel hy die doel van sy skryfwerk: “I want to present a synthesis of modern Jesus scholarship that is accessible to the general reader, whether Christian or among the interested inquirers.” Borg het saam met sy vriend John Dominic Crossan* etlike boeke gepubliseer: The Search for Jesus, The Apocalyptic Jesus, The First Paul en The Last Week. Borg en NT Wright* was ook bevriend hoewel hulle op sekere punte skerp verskil het. Borg en Wright bespreek hulle verskille in die boek: The meaning of Jesus: Two Visions.

Die waarde van Marcus Borg se teologiese nalatenskap word saamgevat deur Eugene Peterson op die agterplat van Jesus: A New Vision: “A scholar who is alive in wonder and belief, Borg accomplishes the hardest task of all: He looks at the obvious and helps us to see it as if for the first time.”

 

 

Sidebar