BORNKAMM, GÜNTHER

BORNKAMM, GÜNTHER (1905–1990) het filosofie en teologie* by Marburg, Tübingen, Berlyn en Breslau bestudeer. Hy was dosent by die universiteite van Köningsberg, Heidelberg en die teologiese kollege in Bethel, en predikant te Münster en Dortmund (1939–1945) en professor te Göttingen (1946) en Heidelberg (1949). Sy benadering tot die Nuwe Testa­ment* is gefundeer in die denke van R Bult­mann* wat intens geïnte­resseerd was in die vorm-kritiese analise van die Nuwe Testament*. Bornkamm het verder gegaan as Bultmann en het vorm-kritiek in die skryf van die “lewe van Jesus” gebaseer op die feite van Jesus* se loopbaan wat sou demonstreer dat die evangeliese tradisie deurgaans ’n produk is van post-opstandinggeloof. Volgens Bornkamm openbaar analise van die Evangelies* geen feite van net geskiedenis wat geloof kan afdwing nie. Bornkamm brei uit op Bultmann se standpunt dat geloof op God se inisiatief kom, en dat ’n beslissing gemaak moet word in antwoord op die evangelieboodskap. Bornkamm was die voorloper in Duitsland van wat later be­kend geword het as redaksie-kritiek. In sy publikasie Jesus von Nazareth (1956) het Bornkamm die standpunt gestel dat historiese data oor Jesus se lewe nie betekenisvol vir die Christelike geloof is nie.

Vir verdere lees: John H Hayes (red) 1999. Dictionary of Biblical Interpretation. A-J. Nashville: Abingdon Press.

Sidebar