BOSMAN, HENDRIK LUDOLPH

BOSMAN, HENDRIK LUDOLPH (1952-) het in Kwazulu-Natal grootgeword, sy teologiese opleiding aan die Universiteit van Pretoria behaal en sy doktorsgraad in die Ou Testament* in 1983 verwerf. Sy proefskrif handel oor egbreuk* en tradisie in die Ou Testament. Bosman doseer van 1979 tot 1991 aan die Universiteit van Suid-Afrika, waarna hy professor in Ou Testament aan die Universiteit Stellenbosch word. Hy is die skrywer van etlikse akademiese sowel as populêre artikels en boeke, en het die vermoë om by sy studente belangstelling in en liefde vir die Ou Testament te kweek. Bosman stel sy siening oor die verstaan van die Bybel* treffend soos volg: “Die Bybel as openbaring word nie bloot deur letterlike interpretasie ontsluit nie, maar word binne die verhouding met God en die naaste in liefde onderskei” (in ’n voorlegging aan ’n taakspan oor homoseksualiteit*, Maart 2015). Hy is ’n medewerker van die elektroniese Christelike Kernensiklopedie (eCKE).

 

 

Sidebar