BOTHA, DAVID PETRUS

BOTHA, DAVID PETRUS (1925–) het sedert 1958 verskeie leiers­posisies in die NG Sen­dingkerk* (nou die Ver­enigende Gerefor­meer­de Kerk* van Sui­der-Afrika) beklee, onder meer as aktuarius*, mo­de­rator*, ad­ministrateur en as redakteur van die kerk se amptelike blad, Die Lig­draer*.

In 1960 – ’n stormtyd in die Suid-Afri­kaanse politieke en kerklike lewe – verskyn sy opspraakwekkende boek Die opkoms van die derde stand, met ’n voorwoord deur NP van Wyk Louw*, waarin hy versoening tussen wit en bruin op grond van gedeelde waardes bepleit. Hierdie boek was, aldus prof JB du Toit, “’n ligbaken op die dikwels duistere pad van verhoudings tussen blanke en bruin Afrikaansspre­ken­des”.

Botha het as redakteur van Die Ligdraer talle rigtinggewende hoofartikels geskryf wat van diep nadenke oor kerklike en rasseverhoudings getuig het. Terwyl hy onreg konsekwent afgewys het, het hy deurgaans nie-gewelddadigheid in die Suid-Afrikaanse konteks bepleit. Ná sy emeritaat dien hy vir tien jaar as kurator van die SA Sendinggestig-museum. Die kroon op hierdie werk is sy publikasie van Die twee-eeue erfenis van die SA Sending­gestig 1799–1999. Vier van sy seuns het ook predi­kante ge­word.

Sidebar