BRAIN, JOY BLUNDELL

BRAIN, JOY BLUNDELL (1926–) het haar onderwys by die Holy Family Sisters in Johannesburg ontvang en daarna biblioteekwese bestudeer. Terwyl sy in Johannes­burg en Kaapstad as bibliotekaresse gewerk het, het sy ’n belangstelling in historiese na­vor­sing ontwikkel. Ná haar huwelik het sy en haar man in Rhodesië (tans Zimbabwe) en Australië gewoon voordat hulle in 1965 in Natal nesgeskop het. Sy het haar doktorsgraad by Unisa verwerf en by die Univer­siteit van Durban-Westville ’n professoraat in geskiedenis beklee. Haar belangstelling is die geskiedenis van die Katolieke Kerk* in Suidelike Afrika waaroor sy ’n aantal belangwekkende publikasies gelewer het. Sy is ’n wêreldkenner op die gebied van die sg Indiese Oseaan-diaspora waar­van haar bevindings gepubliseer is in Christian Indians in Natal (1983). Sy is ’n erelid van die Missionary Oblates of Mary Immaculate (OMI) en ontvanger van die pouslike Pro Ecclesia et Pontifice-medalje vir diens aan die Katolieke Kerk.

 

Sidebar