BREYTENBACH, BREYTEN

BREYTENBACH, BREYTEN (1939–) se poësie en prosasketse toon weinig tekens van ’n direk religieuse karakter in die Christelike* sin van die woord. Daar is ruim bewyse van ’n Zen-Boeddhistiese en ’n Boeddhistiese aard. Hierdie Zen-denke beïnvloed heelwat van sy tekste, maar word nie werklik deur­leefde religie nie. Brey­tenbach se werk is versets­poësie in ’n ruim sin van die woord. Alhoewel daar heelwat gedigte is wat direk teen die re­gering van die vorige bedeling in Suid-Afrika ge­mik is, is sy werk veel eerder ’n verset teen enige vorm van sosiale miskenning. Dit word ook telkens verset teen die interne dissipline van die taal self. Sy eerste drie bundels en sy latere tronk­ge­digte (geskryf tydens sy gevangenskap weens hoogverraad) verteenwoordig hoog­te­punte in sy uitgebreide oeuvre. Sy gebruik van metafore is dikwels verstommend.                                        

Sidebar