BRINK, CORNELIS BERTIE

BRINK, CORNELIS BERTIE (1901–1972) het sy teologiese opleiding op Stellenbosch ontvang. Hy bedien die NG gemeentes van Heidelberg, Dullstroom, Witbank en vanaf 1945 Johannesburg (Braamfontein). Hy tree na vore as leier binne die (destyds nog onverdeelde) Transvaalse NG Kerk* en dien in die moderatuur as aktuarius*, assessor (ondervoorsitter) en moderator*. In die Sinode* van Suid-Trans­vaal is hy later as moderator en assessor gekies. Van 1953 tot 1955 was hy voorsitter van die Raad van Kerke en speel hy ’n belangrike rol in die strewe na een verband van die (blanke) NG Kerke. Hy verteen­woor­dig die NG Kerk by verskeie byeen­komste in die buiteland. In 1959 is hy benoem as sendingsekretaris van Noord-Transvaal, totdat hy in 1963 as gevolg van ’n breinoperasie gedwing is om af te tree. Onder die Afrikaners* van Johannes­burg het Brink lank ’n leidende rol gespeel en het sy behoudende stem baie gewig gedra, ook op die terrein van die onderwys.

 

Sidebar