BRYANT, DANIEL

BRYANT, DANIEL (??–??) is in Amerika gebore waar hy lid van John Dowie se Christian Catholic Church in Zion (CCCZ) naby Chi­ca­go was. In 1903 is hy as opsiener aangestel en die taak gegee om die CCCZ in Suid-Afrika te stig. Sy vrou, Emma Dempey Bryant, is as ouderling georden. Eerw Daniel en mev Bryant, saam met diaken en mev Nicholas Rideout, het in November 1903 na Suid-Afrika gereis nadat hulle eers ’n rukkie in Londen gebly het. Hulle het in 1904 in die Kaap aangekom en eers by lidmate van hulle kerk in Port Elizabeth en Uitenhage gekuier. Daarna is hulle na Durban waar hulle deur eerw PL le Roux ontmoet is. Bryant het diens­te in Durban ge­hou en 13 volwassenes is gedoop. Hulle het toe na Johannesburg gereis en by Wakker­stroom het hy die eerste swart lidmate van die Christian Catholic Apostolic Church in Zion gedoop.

Vir verdere lees: GC Oosthuizen 1987. The Birth of Christian Zionism in South Africa. KwaDlangezwa: University of Zulu­land.

Sidebar