BUNYAN, JOHN

 

BUNYAN, JOHN (1628–1688) het as skrywer en prediker bekend geword. Sy boek The Pilgrim’s Progress word beskou as een van die beste Christelike allegorieë ooit en is in baie tale vertaal. Baie Protestantse* sen­delinge* het die vertaling van hierdie boek oor ’n gelowige se wedervarings on­der­weg na sy ewige bestemming, as hulle tweede projek naas Bybelvertaling* beskou.

Bunyan is in 1653 in die Baptistekerk* van Bedford aangeneem en gedoop*. Hy het in 1655 as diaken* begin preek – dadelik met groot sukses. Hy is in 1660 tronk toe ge­stuur omdat hy sonder die vereiste “lisensie” gepreek het. Aangesien hy geweier het om te onderneem om nie weer te preek nie, was hy vir 12 jaar, tot in 1672, aangehou.

The Pilgrim’s Progress is in twee dele uitgegee, onderskeidelik in 1678 en 1684. Die volledige titel is The Pilgrim’s Progress from This World to That Which Is to Come. Twee van sy ander werke was ook baie gewild, naamlik The Holy War en Grace Aboun­ding. Hy was puriteins* in sy teologie* en het hewig van die Kwakers* verskil. Hy was blykbaar ’n baie aantreklike man.

Sidebar