BURGERLIKE ONGEHOORSAAM­HEID

BURGERLIKE ONGEHOORSAAM­HEID (as term reeds in 1848 gemunt deur Thoreau) raak veral bekend met die optrede van Gandhi* (Indië), King jr* (VSA) en die United Democratic Front (Suid-Afrika). Dit behels die weiering om sekere wette van die staat wat as onregverdig ervaar word, te gehoorsaam. Baie Christene vind dit aanvaarbaar wanneer alle ander politieke middele – soos protesvergade­rings, petisies, verkiesings en mediagebruik – nie gehelp het nie, dit nie gewelddadig is nie, die doel protes teen ’n spesifieke onreg is, die betrokkenes wetlike straf vir hulle aksie sal aanvaar, daar ’n redelike kans op sukses is en die fondamente van die demokrasie in die hele proses onaangetas bly (soos die aanvaarding van verskille).

 

Sidebar