BYDRAES

BYDRAES is ’n term wat gewoonlik ge­bruik word om iets wat iemand tot ’n saak bydra, te beskryf. In ’n meer tegniese sin verwys dit dikwels na die stoflike en/of finansiële bydrae van lidmate tot die reke­ning van inkomste en uitgawe van ’n ge­meente* of kerk*. Wanneer dit in hierdie betekenis gebruik word, bou dit op die verstaan van rentmeesterskap*. Hierdie verstaan van bydrae vloei voort uit die meeste kerke se verstaan van die skeppingsopdrag* van die mens. Die mens is tegelyk versor­ger van die aarde en alles wat daarop woon en verantwoordelik vir die skepping. In aan­sluiting hierby word gewoonlik as tegniese teks na 1 Kor 4:1 verwys. Hiervolgens is mense “bestuurders aan wie die gehei­me­nisse van God toevertrou is”.

Rentmeesterskap is ruimer as finansiële bydraes. Rentmeesterskap het te doen met die verstaan van die opdrag: wat ons bydra tot die beheersing en versorging van die totale skeppingsorde. Finansiële bydrae het te doen met: hoe ons die geld wat ons het, verkry; wat ons gee van wat ons het; wat ons doen met wat ons hou; wat ons beplan vir wat ons nalaat. In sommige kerke word dit verstaan as die gee van tiendes* van alle inkomste.

­

 

Sidebar