CAMPUS CRUSADE FOR CHRIST (CCC)

CAMPUS CRUSADE FOR CHRIST (CCC) is in 1951 deur dr Bill en Vonette Bright gestig. In 1952 skryf dr Bright (1921–2003) die boekie Die vier geestelike wette met ’n uiteindelike verspreidingsyfer van ongeveer 2,5 miljard.  Die organisasie verkondig die evangelie* aan ongeveer 6,5 miljoen studente per jaar. Die webbladsy www.Every­Student.com ontvang gemiddeld 300 000 besoekers per maand.

Die doelwitte van CCC is onder meer: om ’n aktiewe be­die­ning van CCC op 3000 kampusse van die wêreld te vestig; om ten minste 100 000 studente te mobiliseer om die evangelie met ander te deel, en om jaarliks ten minste 50 000 studente wat ’n beslissing vir Christus* maak, te ondersteun en te help om dissipels* van Jesus* te wees.

Een van die bekende aksies van CCC is die Jesus Film wat die Evangelie van Lukas* in beeld weergee met aan die einde ’n uitnodiging vir toewyding aan Christus. Volgens CCC se aanspraak is die film in meer as 1000 tale beskikbaar, en het meer as 200 miljoen mense op grond daarvan ’n beslissing vir Christus ge­maak.

Vir verdere lees: www.campuscrusadeforchrist.com

 

Sidebar