CAMUS, ALBERT

CAMUS, ALBERT (1913–1960) is in Alge­rië in Noord-Afrika gebore. Hy studeer aan die Universiteit van Algerië waar hy ook ’n teater stig en werkersklaskwessies op die planke bring. Later studeer hy filosofie* in Parys, waar hy gedurende die Twee­de Wêreldoorlog* by die Fran­se versetbeweging aan­sluit en vir die weerstandskoerant Combat skryf. Ná die oorlog beklee hy verskeie joerna­listieke poste en begin in 1947 voltyds skryf. Tien jaar later, in 1957, ontvang hy die No­bel­prys vir Letterkunde.

Camus se bekendste werk is Die Buite­stander wat in 1942 verskyn het. In hierdie en in sy ander werke beskryf hy die mens se vervreemding in hierdie wêreld en hoe die mens probeer om daaruit te ontsnap deur aan die hiernamaals en die bonatuurlike te glo. Volgens Camus is die wê­reld eg­ter irrasioneel en is die mens slegs vry wanneer hy erken dat die werklikheid ab­surd is. Hierbinne is gods­diens* natuurlik filoso­fies on­moontlik en is die enigste filosofie wat vir Camus sin maak, die ateïstiese hu­ma­nis­me (Kyk by: Ateïsme en: Humanisme), oftewel neoprimitivistiese ateïs­me, dit is, om hier op aarde saam met die veront­regtes teen die onreg te veg sonder om aan onsterflikheid* te glo.

Camus was ’n tydgenoot en vriend van Jean-Paul Sartre* (1905–1980) en die eksiste­nsialisme* het by hom aanklank gevind.

Sidebar