CASALIS, JEAN-EUGÉNE

CASALIS, JEAN-EUGÉNE (1812–1891) is in Orthez, Basses-Pyrénées, Frankryk, van Hugenote*-agtergrond gebore. Hy sluit in 1830 by die Paryse Evangeliese Sendingge­nootskap aan en kom in 1832 na Suid-Afrika. Saam met Thomas Ar­bous­set en Constans Gosselin bereik hy Philippolis en hulle word die eerste blankes om oor die Malutiberge te trek om Mo­sjesj (Mosjwesj­we) te ontmoet. In 1838 open Casalis ’n sen­ding*stasie by Thaba Bosigo waar hy tot 1856 bly. Tydens die grensoorloë (1841–1855) was hy sekretaris, raadgewer en tolk vir Mosjesj. Hy onderhandel namens die Basoeto’s met die Kaapse goewerneurs en knoop diplomatieke betrekkings met die Kaap­kolonie aan waarin grondregte – kompensasie vir grond wat afgestaan is en die bepaling van grense – erkening geniet. Ná die Britse strafekspedisie van 1852 skryf hy namens Mosjesj ’n brief aan die Kaapse regering waarin hy onvoorwaardelik vrede eis. Hy onderhandel ook namens Mosjesj om die geskil tussen die Oranje-Vrystaat en Basoe­toland (1855) by te lê. Tussen 1855–1882 dien hy as direkteur van die Pary­se Sen­ding­ge­nootskap en stig ’n seminarium.

As eerste Sotho-taalkundige het hy in­drukwekkend gepubliseer – ’n kategismus, godsdienstige pu­blikasies, liedere en saam met Roland die eerste vertaling van die Nuwe Testament* in Sotho (1855). Sy outobiografie, Mes souvernirs (1882), word wyd vertaal en is in 1922 herdruk.

Vir verdere lees: V Ellen­berger 1938 (deur EM Ellen­berger uit Frans vertaal). A Century of Mission Work in Basutoland (1833–1933). Mori­ja.

Sidebar