CHOMUTIRI, ENOS MAZURA

CHOMUTIRI, ENOS MAZURA (1947–) is een van die begaafde leiers in die Reformed Church in Zimbabwe. Hy is reeds ’n aantal keer as moderator* van die si­no­de* verkies. Hy word beskryf as ’n visio­nêre figuur wat nie net sy eie kerk gemotiveer en aangespoor het nie, maar ook die leiers van ander kerke in die streek en ver­der weg. Vir etlike jare dien hy as voorsitter van die Zimbabwe Council of Churches. Hy is reeds vir meer as ’n dekade betrokke by TEE – Theological Education by Extension, ’n program vir lidmate van die kerk wat veral daarop gemik is om mense toe te rus vir hulle getuienistaak. Hy speel ’n leidende en motiverende rol in sy kerk se sendingaksie na minder bereikte groepe, onder an­dere in die Binga-gebied asook in die Mu­za­ra­bane-gebied. Intussen studeer hy ver­der en behaal eers BTh aan die Universiteit van die Noorde en daarna MTh aan die Uni­versiteit van Stellenbosch.

Vir verdere lees: JM Cronje 1981. Aan God die dank. Geskiedenis van die sending van die Ned Geref Kerk, Deel 2. Pretoria: NGKB. WJ van der Merwe 1981. From Mission Field to Autonomous Church in Zimbabwe. Pretoria: NGKB.

Sidebar