CHRISTELIKE GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA (CGK)

CHRISTELIKE GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA (CGK) is op 21 April 1944 uit die Smithstraat-NG Kerk, Durban, deur dr DJJ de Vos* gestig. Die aanvanklike naam was die Nuwe Protestantse Kerk in Afrika. Leer*stellige onenigheid het meegebring dat die kerk herstig is as die Hervormde Nederduitse Gereformeerde Kerk in SuidAfrika (10 Mei 1949, Bloemfon­tein). Die huidige naam is sedert 1983 in gebruik. Die CGK is evangelies, vernuwingsgerig, nie-rassig, gestig uit die agtergrond van herlewing, gegrond op die drie Formuliere van Eenheid* en gestruktureer volgens die gereformeerde* kerkregering­stelsel. Die CGK is lid van The Evangelical Allian­ce of South Africa, die World Refor­med Fellowship en die Konvent van Refor­ma­toriese Kerke*.

Vir verdere lees: RC du Toit: “Die Chris­telike Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (1944–2002)” in: P Coertzen (red) 2002, 350 jaar gereformeerd. Bloemfontein: CLF.

 

Sidebar