CHRISTENDOM

DIE CHRISTENDOM is, volgens die HAT (2015), “al die Christene saam” – dit wil sê, Christene van alle kerke en Christelike groeperings. Die Here Jesus* het gebid dat sy kerk* één moet wees (Joh 17:21). As ’n mens na die verskillende denominasies en groeperings kyk waaruit die “Christendom” bestaan, weet jy dat ons nog nie naby aan één kerk is nie. Oor die eeue het die Christendom/Christelike kerk soos volg verdeel:

  • 1ste – 11de eeu: Een Christelike kerk.
  • 11de eeu: Skeiding tussen die Westers-Katolieke en die Oosters-Ortodokse* kerk.
  • 16de eeu: Skeiding tussen die (Rooms-)Katolieke*, die Protestantse* en die Oosters-Ortodokse kerke.

Wat die Protestantse groepering betref, het die volgende verdelings plaasgevind:

  • 16de eeu: Skeiding tussen Anabaptiste* en Gereformeerdes* en die Lutherse* en Anglikaanse* kerke.
  • 17de eeu: Die Kwakers* en Puriteine* kom tot stand.
  • 18de eeu: Die Metodiste* word ‘n eie kerk.
  • 19de eeu: Vrye kerke ontstaan.
  • 20ste eeu: Pentekostalistiese* en Charismatiese* kerke ontwikkel.

 

Sidebar