CHRUSOSTOMOS, JOHANNES

CHRUSOSTOMOS, JOHANNES (344– 407), ook bekend as Johannes die Goue Mond, is in 344 in Antiogië* gebore en studeer in die filosofie en die retoriek. In 381 word hy deur Melitius tot diaken gemaak, en oor sy  hervormingsgedagtes kry hy mettertyd heelwat teenstand. Hy word biskop* en patriarg van Konstantinopel* en was veral in die Oosters-Ortodokse deel van die Christelike kerk besonder invloedryk. Hy lewer die meeste van sy preke later in sy lewe toe hy weer na Antiogië teruggekeer het. Chrusos­tomos was die outeur van ’n groot verskeidenheid briewe, artikels en standpunt­stel­lings. Sy gedagtes was deurentyd besonder helder geformuleer, vandaar die bynaam die Goue Mond. Hy is die mees aangehaalde Grieks-patristiese outeur uit hierdie tyd en naas Augustinus* die prominentste kerkvader uit hierdie periode.

Sidebar