CHURCH OF ENGLAND IN SOUTH AFRICA (CESA) / DIE KERK VAN ENGELAND IN SUID-AFRIKA

CHURCH OF ENGLAND IN SOUTH AFRICA (CESA) / DIE KERK VAN ENGELAND IN SUID-AFRIKA het ontstaan toe ’n minderheid Anglikaanse gemeentes in 1870 geweier het om by die nuut gestigte Church of the Province of Southern Africa* (CPSA) aan te sluit. Die CESA is biskoplik, evangelies en niesektaries van oortuiging en verwerp die CPSA se Anglo-Katolisisme; dit is nie deel van die Anglikaanse Gemeenskap (Anglican Com­mu­nion) nie. Die leuse van die CESA, “Thy Word above all things” (uit Ps 138:2), ver­kondig hulle verbintenis tot die geïnspi­reerde aard en finale gesag van die Bybel*. Die CESA is teologies konserwatief en Calvinisties*. Die leer van dié kerk is gebaseer op die Nege en Dertig Artikels (Kyk by: Thirty Nine Articles), wat in die 16de eeu geformuleer is. Sedert die 1950’s het die CESA gegroei – in Suid-Afrika sowel as Zimbabwe en Namibië.

Sidebar