CHURCH OF THE NAZARENE / KERK VAN DIE NASARENER

CHURCH OF THE NAZARENE / KERK VAN DIE NASARENER het in die laat-19de eeu in die VSA ontstaan. Teologies is dit verwant aan die Metodiste­tradisie (Kyk by: Metodisme). Die groepe wat aanvanklik in Ka­lifornië, Nieu-Engeland, New York, Tennes­see en Texas gevorm het, het in 1908 ver­enig. In 1915 het hulle die naam Pentecostal Church of the Nazarene aanvaar. Die woord “Pentecostal” is in 1919 uit die naam weggelaat omdat die Nasireërs hulle van charismatiese* groepe wou onderskei. Dié denominasie is wêreldwyd aktief en het nagenoeg 1,5 miljoen lidmate. Hulle het in 1910/11 na Afrika gekom toe met opvoedkundige en mediese werk in Swaziland begin is. Teen die middel van die 20ste eeu was hulle teenwoordig in Mosambiek, Malawi, Zimbabwe, Zambië, die Kaap-Verdiese Eilande, die oostelike deel van die ou Transvaal en elders in Suid-Afrika. Van­dag is die Nasireërs bedrywig in meer as 35 Afrikalande, waar hulle sowat 250 000 lidmate het. (Kyk ook: Kerk van die Nasarener)

 

Sidebar