CILLIERS, CECILE

CILLIERS, CECILE (1933–2018) het haar doktorale proefskrif in die letterkunde aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit voltooi oor die verhouding tussen kuns­werk en bron. Sy en haar suster, Madeleine van Biljon, het lank die program “Boek­susters” op kykNET aangebied, was stigter van “Vroue vir Vrede” in die jaar van die Soweto-jeugopstand, 1976, en sy was die Vrou van die Jaar van die Johannesburgse koerant, The Star. Sy was aktrise in televisiedramas, leierouderling van die Andrew Murray-gemeente in Johannesburg, die eerste vrouelid van die NG Kerk* se Algemene Sinodale Kommissie (1998–2002), en het as voorsitter van die Centre of Christian Spirituality in Kaapstad gedien. Sy is die skrywer van etlike boeke, waaronder Reën­boogmense, reënboogland, Katswink en enkele maande voor haar dood op 83 het ‘n verrassende debuut-kortverhaalbundel van haar verskyn wat deur kritici hoog aangeskryf is: Die ou vrou en die priester. .                      

Sidebar