CLAASSEN, JANITA

CLAASSEN, JANITA (1947–2005) was een van die bekendste Afrikaanse liedjiesangers van die laaste deel van die 20ste eeu wat ’n groot aantal gospelliedere in haar repertoire gehad het. Aanvanklik onderwyseres in Afrikaans*, het “Rolbos” en “Balonne” haar bekend gemaak, en het sy sedert 1980 22 albums uitgereik. Sy was van die begin af by die musiek- en liriekbeweging van die laat 1970’s betrokke en het as toonsetter ’n besondere bydrae tot dié genreskat ge­maak. Sy, haar duetmaat, Manuel Escórcio, en hulle liedjieskrywer, Babs Pretorius, is afsonderlik en gesamentlik vir hulle werk bekroon, terwyl die ATKV haar ná haar dood vereer het as “Afrikoon van Suid-Afrika”. Claassen het tien jaar lank aan timoomkanker gely, en het juis in die tyd van haar siekte ’n besondere geloofsgetuienis gelewer. Onder Janita Claassen se gospelnalatenskap tel haar weergawes van “Die Heer is my Herder”, “Gloria Deo”, “Pie Jesu”, “Ek weet vir seker” en “Bly by my, Heer”.

 

Sidebar