CLAASSENS, LOïS JULIANA M (JULIE)

CLAASSENS, LOïS JULIANA M (JULIE) (1972-) het haar voorgraadse studie en MA in Antieke Ou Nabye Oosterse Studies aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2001 verwerf sy haar PhD aan die Princetonse Teologiese Seminarium met as proefskriftitel The God Who Feeds: A Feminist Theological Analysis of Key Pentateuchal and Intertestamental Texts. Claassens het sedert 2001 aan verskeie inrigtings in die VSA doseer waarna sy in 2010 as medeprofessor in Ou Testament aan die Universiteit van Stellenbosch aangestel is. Sy is die skrywer van onder meer Mourner, Mother, Midwife: Reimagining God’s Liberating Presence en The God Who Provides: Biblical Images of Divine Nourishment. Sy was ’n gespreksgenoot in God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles. Claassens is ’n ontvanger van die Von Humboldt-beurs. Haar onderrigbelangstellings sluit in feministiese Bybel-interpretasie, metafore en Gods taal, gender, kultuur en godsdiens sowel as die profetiese literatuur van die Bybel. Sy is ’n medewerker van die elektroniese Christelike Kernensiklopedie (eCKE).

 

 

Sidebar