CLOETE, GERHARD DANIËL (DAAN)

CLOETE, GERHARD DANIËL (DAAN) () het sy predikantsopleiding aan die Univer­siteit van Wes-Kaapland ontvang. Nadat hy die destydse NG Sendingkerk* se gemeente* Worcester-Suid vir enkele jare bedien het, het hy aan die Teologiese Skool van Kampen studeer en daar ’n doktorsgraad in Nuwe Testament* onder leiding van Herman Ridderbos* oor die Evangelie van Johannes* voltooi.

Cloete is ’n publieke teoloog* by uitnemendheid. Hy was by die Universiteit van Wes-Kaapland hoogleraar in teologie, dekaan van die Fakulteit Teologie, vise-rektor en vir geruime tyd waarnemende rektor. Hy is ’n gerespekteerde lid van die akademiese gemeenskap, sowel plaaslik as internasionaal. Hy het die kerklike gemeenskap ook oor die jare in verskeie hoeda­nighede gedien. In die Verenigende Gere­for­meerde Kerk (VGK)* het hy bygedra tot diepgaande teologiese gesprek tydens en ná apartheid*. Hy is onder andere me­deredakteur van ’n bundel opstelle oor die Be­ly­denis van Belhar*, Oomblik van Waar­heid. Sy bydraes op die gebied van kategese* en liturgie*vernuwing oefen groot invloed uit in die VGK.

Sidebar