COMENIUS, JOHANN AMOS

COMENIUS, JOHANN AMOS (1492–1570) (sy van in sy moedertaal, Tjeggies, is Komensky) is op 28 Maart 1592 in Niwnic in Morawië gebore. Sy ouers was lede van die Morawiese* Broederskap en hyself het ook sy hele lewe lank lid en pleitbesorger van die Broederskap gebly. Ná studie aan die Calvyn-Akademie van Herbron en ook aan die Universiteit van Heidelberg, word hy predikant te Fulneck. Die slag van Wit­berg het meegebring dat alle Protestante* uit Praag verdryf is. Die gevolg was dat Comenius oor die hele Europa gereis het om die saak van die Morawiërs te stel. Met die Vrede van Wes­fale in 1648 is daar geen godsdiensvryheid* aan die Mora­wiërs toege­staan nie. Vir Comenius het dit beteken dat hy steeds voor die Katolieke* moes vlug. Hy kom uit­ein­delik in Am­ster­dam tereg. ’n Groot aantal werke het uit sy pen verskyn en hy word as ’n belangrike en invloedryke pedagoog beskou – vir lank is hy selfs as dié Christelike pedagoog by uitnemendheid gesien. Hy sterf op 15 Nov 1570 in Amster­dam en word in die Kloosterkapel te Naar­den begrawe. Dit is in 1934 as ’n herinne­ringskapel en ’n museum vir Comenius ingerig. In Tsjeggië word hy as ’n nasionale held beskou.

Vir verdere lees: J Waterink 1957. “Come­nius JM” in: FW Grosheide en GP Itter­zon (red), Christelijke Encyclopedie. Kampen: Kok.

Sidebar