CRAFFORD, DIONNE

CRAFFORD, DIONNE (1935–) was een van ’n groep jong dominees wat in die 1960’s ná die verskyning van die Tomlin­son-verslag (waarin die sendingnood in die destydse “tuislande” beklemtoon is) as sendeling na Rivoni in die Gazankulu van daardie dae vertrek het. In 1969 is hy as professor in kerkgeskiedens* en godsdiens- en sendingwetenskap* aan die Universiteit van die Noorde aangestel en in 1976 word hy professor aan die Fakulteit Teologie, Uni­ver­siteit van Pretoria. Daar het hy, tot met sy emeritaat in 1995, ’n besondere bydrae tot die teologie* sowel as die sendingpraktyk van die kerk gelewer. Talle inisiatiewe is deur hom geloods, onder andere die stig­ting van die Instituut vir Sendingen Eku­meniese Navorsing (ISWEN) en ’n projek om die lewensbeskrywing van swart pioniersfigure in die kerk te boek te stel. Hy was ’n kenner van die tradisionele gods­diens van Afrika (Kyk by: Afrika-tradisio­nele religie), en sy geskrifte is in die binne- en buiteland gelees en waardeer. Hy is die skrywer van die standaardwerk oor die sendinggeskiedenis van die NG Kerk*: Aan God die dank, deel 1.

Sidebar