CRONJÉ, HENDRIK (HENNO)

CRONJÉ, HENDRIK (HENNO) (1931–) het aan die Universiteit van Pretoria, in Nederland onder NP van Wyk Louw* en in die VSA studeer. Hy word in 1958 die NG predikant van Brits, daarna studenteleraar van Heidelberg (Transvaal) en gemeentepredikant van Waterkloof, en in 1977 direkteur van inligting van die sinodes van Wes-, Noord- en Suid-Transvaal, Natal en Midde-Afrika. Hy was in ’n stadium die skriba van die Noord-Transvaalse sinode. In 1987 word hy weer as leraar by Waterkloof ingeskakel, maar dié keer as kapelaan van die Suid-Afrikaanse Weermag met opdrag Wyk Noord-Europa, standplaas Londen. In die loop van 1991 emeriteer hy en dien van 1991 tot 1996 as hoof-uitvoerende amptenaar van die Federasie van Afrikaanse Kul­tuurliggame (FAK). Cronjé het uitgeblink as kerklike ambassadeur in ekumeniese, politieke en mediakringe, en hy het in die jare toe die NG Kerk* weens apartheid* erg geïsoleerd was, brûe probeer bou. Cronjé was woordvaardig en het onder meer godsdiens­rubrieke in By, Saterdagbylae tot Die Bur­ger, en Rapport behartig. Van dié rubrieke is later gebundel.

Sidebar