DAGON

DAGON was een van die Filistynse gode. Die Filistyne* het aan Dagon dankoffers gebring toe Simson* in hulle hande geval het (Rig 16:23). Toe hulle die ark* van die verbond by Afek afgevat het, het die Filistyne dit na die tempel van Dagon in Asdod* gebring (1 Sam 5:1-3). Die ark het vir twee nagte daar gebly, maar elke oggend is die standbeeld van Dagon gevind waar dit op sy gesig lê. Op die ou end het die kop en hande van Dagon afgebreek en op die drumpel van die tempel gelê (1 Sam 5:3-5).

Sidebar