DAN

DAN beteken “regter” en is die naam van ’n persoon en ’n plek.

  1. Hy was die vyfde van Jakob* se seuns, die eerste wat vir hom gebore is by Bilha*, Ragel* se slavin. Volgens Gen 30:6 het Ragel hom sy naam gegee, omdat hy reg­tens aan haar behoort het. Om hierdie re­de het sy hom Dan genoem. Hy word sewende genoem onder Jakob se seuns, onmiddellik ná Lea se seuns en die eerste onder die seuns van die slavinne (Gen 49:16-18). ’n Stam is ook na hom vernoem.                                    A Daniels
  2. Dit is ’n dorp in die noorde van Israel*, naby die oorsprong van die Jordaan*. Die Daniete het aanvanklik in die suide gewoon, maar het onder druk van die Amoriete* noordwaarts migreer (Jos 19:47; Rig 1:34; 18:1 en volgende verse). Die stad het sy naam van hulle af gekry. In die uitdrukking “van Dan tot Berse­baH” (bv Rig 20:1) dui Dan die noordelikste grens van die koninkryk aan. Koning Jerobeam1* I van Israel het verkeerd gedoen in die oë van die Here deur kalwerbeelde by Dan en Bet-El* te laat oprig.

 

Sidebar