D’ASSONVILLE, VICTOR EDOUARD

D’ASSONVILLE, VICTOR EDOUARD (sr) (1927–) is ’n plaasseun van die Vrystaat. Sy na­skoolse akademiese studies het hy in Potchefstroom, Edinburg (Skotland) en Pietermaritzburg gedoen. Hy was predikant van ses gemeentes van die Ge­reformeerde Kerke in Suid-AfrikaH (GKSA) (1954–1978): Pietermaritzburg, Johannes­burg-Sentraal, Pretoria-Sunnyside, Potchef­stroom-Noord, Cachet en Noordbrug. Hy het daarna (1978–1992) as hoogleraar in die Fakulteit Teologie aan die Potchefstroomse Univer­si­teit vir CHO* en die Teologiese Skool GKSA, Potchefstroom, gedien waar hy kerkge­skie­denis, dogmageskiedenis en Bybelkunde gedoseer het. Vir die tydperk 1986–1988 was hy rektor van die Teologiese Skool. Daarna was hy redakteur van Die Kerkblad* tot 1992. Hy is die skrywer van ’n dertigtal boeke waarvan die belangrikste handel oor John Knox* (en Calvyn*), Totius* (JD du Toit), SJ du Toit, die gereformeerde doopformulier en Bybelboeke – onder andere oor die boek Openbaring* en die Psalms*. D’Asson­ville het ’n prominente rol in die GKSA gespeel en dié kerk ses keer by buitelandse ekumeniese sinodes verteen­woor­dig, maar dit is enigins geskaad deur probleme in sy persoonlike lewe.

Sidebar