DE KLERK, JOHANNES (JAN)

DE KLERK, JOHANNES (JAN) (1903–1979) het aan die PU vir CHO* gestudeer waarna hy in die onderwys tot op senior vlak gevorder het. Hy het in 1945 sekretaris van die Blankewerkersbeskermingsbond geword wat kommunisme* onder mynwer­kers bestry het. Hy het ’n streng gerefor­meerde* en sterk pro-Afrikaanse agtergrond gehad – sy pa, ds Willem Johannes de Klerk, was ’n Kaapse rebel tydens die Anglo-Boereoorlog* en ’n kultuur- en godsdiensleier. Jan de Klerk word later ook partyorganiseerder van die Nasionale Party en in 1948 die Transvaalse hoofsekretaris.

De Klerk se swaer, die premier JG Strij­dom*, het hom in 1954 as mi­nister van Ar­beid in die NP-ka­bi­net aangestel. Hy was ’n sterk ondersteuner van Strijdom en Ver­woerd* se rassebe­leid. Hy het ver­skeie kabinets­poste beklee waarvan Onderwys, Kuns en Wetenskap en Inligting (later Nasionale Opvoeding) die belangrikste was. De Klerk is in 1969 tot president van die Senaat benoem en was (onder meer vanweë sy lidmaatskap van die Gereformeerde Kerke in SA* – die “Dopperkerk”?) ’n onsuksesvolle kandidaat vir die amp van (seremoniële) staatspresident. Sy twee seuns, Willem* en FW*, sou diep spore in die Suid-Afrikaanse politieke en kulturele lewe trap.

Sidebar