DE VILLIERS, DAWID WILLEM

de Villiers, DAWID WILLEM (“hei­lige dawid”) (1919–2002). De Villiers verwerf sy BA en BD op Stellenbosch en word in 1943 gelegitimeer en in 1944 op Wellington georden. Hy word in 1966 senior lektor aan die Teologiese Kweekskool, Stellenbosch. met opdrag: Jeugsorg, Sondag­skool­werk, Kategese en Homiletiek. Sy groot belangstelling is die onderrig aan die jeug, en ook kerkgeskiedenis*. Hy was by uitstek ’n praktiese teoloog met begrip vir die mense waaraan en die wêreld waarin die evangelie* verkondig moet word, iemand met ’n soepel benade­ring en nie vasgeroeste idees nie. Hy het twee doktorsgrade verwerf: Die kategese in die Ned Geref Kerk in SuidAfrika (Universiteit van Stellenbosch 1957) en Reisbeskrywings as bronne vir die kerkgeskiedskrywing van die Ned Geref Kerk in SuidAfrika tot 1853 (Vrije Univer­siteit, Amsterdam 1959).

Hy word in 1970 professor met ’n intree­rede oor “Die eis van Christologiese predi­king”. Deur sy inisiatief word die Buro vir Voortgesette Teologiese Opleiding (Buvton) aan die Universiteit van Stellenbosch gevestig. In 1980 word hy vir ’n tweede keer de­kaan, en ontvang die staatspresident se Dekorasie vir Voortreflike Diens (Silwer).

Sidebar