DELILA

DELILA was ’n Filistynse vrou, een van Simson* se talle minaresse. Delila, wie se naam sinspeel op die Hebreeuse* woord vir “nag”, is die vreemde vrou wat tot die ondergang van die held Simson (wie se naam verband hou met die Hebreeuse woord vir “son”) lei. Delila word deur die Filistyne betaal om Simson se geheim van sy groot krag uit te vind. Ná vele pogings slaag Delila uiteindelik daarin om Simson sover te kry om sy geheim te verklap, waarna sy hom aan die Filistyne oorgee. Die uitbeelding van Delila as die gevaarlike verleidster werk met bepaalde stereotipes van vroue wat vandag skadelik kan wees indien onkrities bejeën.

Sidebar