DEUTERONOMISTIESE GESKIED­WERK

DEUTERONOMISTIESE GESKIED­WERK is ’n geskiedenis wat begin by die uittogvertelling van Deuteronomium* en wat eindig met die val van Jerusalem* en die ballingskap aan die einde van 2 Ko­nings*. Die geskiedenis strek oor Deutero­no­mium, Josua*, Rigters*, 1 en 2 Samuel* en 1 en 2 Konings*. Die vraag wat die skrywers aan die hand van die geskiedenis probeer beantwoord, is: Hoe is dit moontlik dat Israel* die land kon verloor wat die Here* self vir hulle beloof en gegee het?

 

Sidebar