DINA

DINA was die dogter van Jakob* en Lea* wat deur Sigem die Hewiet verkrag is (Gen 34). Sake word gekompliseer wanneer Sigem verlief raak op Dina en met haar wil trou. Nadat al die manlike lede van Sigem se gesin instem om besny te word om so die huwelik te laat plaasvind, vermoor Dina se broers, Levi* en Simeon*, die hele familie van Sigem omdat hulle suster veront­reinig is. Die verhaal van Dina is kompleks aangesien die motiewe van die verskillende karakters nie duidelik is nie. Ons hoor boonop nooit Dina se stem in alles wat met en om haar gebeur nie.

Sidebar