DIONISIUS

DIONISIUS was ’n lid van die Areopagus, Atene* se regeerliggaam (Hand 17:34). (“Dionisius” is afgelei van “Dionisus”, die Griekse god van wyn, plantegroei en dra­ma.) Dionisius word gelowig nadat Paulus* die filosowe* op die Areopagusheuwel aanspreek oor die baie afgode* in Atene, en hy Christus* as opgestane regter* uit die dood* verkondig. Volgens ’n latere kerklike tradisie* was Dionisius die eerste biskop* van Atene, en sterf hy die marteldood. Hy het ook Atene se beskermheilige geword. Die ruïnes van die Kerk van die Heilige Dionisius, gebou in die 16de eeu, is vandag nog sigbaar naby die Areopagusheuwel.

 

Sidebar