DISSIPELSKAP

DISSIPELSKAP. Die dissipels* was mans en vroue wat deur Jesus* Christus* uitgekies en onderrig is. Hy noem die twaalf persone wat Hy aanvanklik geroep het, dissipels* (Mark 3:13-14; Luk 9:1). Die Griekse woord beteken leerling, student (Matt 10:1; 11:1; 20:17; 26:14). Die Latynse woord discipulus hou verband met “dissipline”. Dissipelskap het te doen met dissiplineer en/of om blootgestel te word aan ’n leerervaring. Dissipelskap verwys gevolglik na die ver­werwing van kennis, om geleer te word, om opgevoed te word, om opgelei te word, onderrig te word en/of gedissiplineer te word. Christus het ’n groep gewone persone uitverkies en baie kwaliteittyd aan hulle gegee, hulle opgelei en blootgestel aan konkrete leerervarings. So was hulle byvoorbeeld teenwoordig by Jesus se ge­nesingswonderwerke, sy reise en sy predi­king. Jesus het sy dissipels geleer deur aan hulle ’n voorbeeld te stel in elke aspek van hulle lewe (Joh 13:15). Die eerste dissipels is opgevolg deur baie miljoene in al die eeue sedert sy hemelvaart*. Hulle het Hom deur sy Gees steeds as hulle groot Leermeester gehad. Dissipelskap stel in alle tye hoë eise aan gelowiges om uitvoering te help gee aan Jesus se sendingopdrag in Matt 28:20. Dissipelskap het ten doel om die wêreld vir Christus te bereik. (Kyk ook: Etiek van dissipelskap.)

Sidebar