DOGMA

DOGMA. Deur die loop van die eeue het gelowiges die Heilige Skrif* met erns en toewyding bestudeer. Onder die leiding van die Heilige Gees* – volgens die belofte van Christus* – het hulle gaandeweg sekere geloofswaarhede kernagtig en in verstaanbare terme probeer formuleer. Dit het meermale met groot worsteling en selfs met stryd in die kerk* gepaard gegaan. Waar so ’n geloofswaarheid deur ’n kerklike vergadering (’n sinode* of konsilie*) geformuleer en as gesaghebbend aanvaar is, staan dit bekend as ’n dogma of leerstuk. Dit is ongelukkig so dat daar in die kerk op aarde oor ’n hele aantal belangrike leerstukke nié eenstemmigheid is nie. Dit is een van die redes waarom daar vandag baie verskillende kerklike denominasies is. (Kyk ook: Kerkleer*.)

 

Sidebar