DOLEANSIE

DOLEANSIE (afkomstig van die Latynse dolere= treur; doleer = jou beklaag, beswaar inbring – HAT, 2005) is die kerklike bewe­ging in Nederland waartydens ’n aantal Nederlandse Hervormde gemeentes vanweë belydenisverskille van die sinodale organisasie van 1816 weggebreek het. Die Doleansie het in 1886 en die jare daarna plaasgevind. Dit was grootliks ’n reaksie teen die modernisme* wat die kerk in Ne­der­land op verskillende m­a­niere beïnvloed het. Die Doleansie-bewe­ging is deur dr Abraham Kuyper* gelei wat die Calvinisties*-gereformeerde* waarhede, soos hy dit gesien het, weer in kerk* en staat* wou laat herleef. Ongeveer 400 predikante van die Neder­landse Hervormde Kerk volg Kuyper in hierdie proses en ’n nuwe kerk word gestig. In 1892 het hierdie groep met ’n deel van die Afgeskeidenes van 1834 verenig en hulle het voortbestaan as die Gereformeerde Kerken van Nederland wat ’n groot invloed op verdere kerklike ontwikkelings in Ne­der­land gehad het.

Sidebar